Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis | Verweerskrif

Go To Artist Page

Recommended if You Like
Mimi Coertse Rina Hugo Zanne Stapelberg

More Artists From
South Africa

Other Genres You Will Love
Easy Listening: Background Music Easy Listening: Background Music Moods: Solo Female Artist
Sell your music everywhere
There are no items in your wishlist.

Verweerskrif

by Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis

In “Verweerskrif” het Antjie Krog opspraak gemaak met die wyse en gekose medium waarin sy haar frustrasie – en uiteindelik versoening – uitdruk met die verouderingsproses.
Genre: Easy Listening: Background Music
Release Date: 

We'll ship when it's back in stock

Order now and we'll ship when it's back in stock, or enter your email below to be notified when it's back in stock.
Continue Shopping
available for download only
Share to Google +1

To listen to tracks you will need to update your browser to a recent version.

  Song Share Time Download
clip
1. Huwelikslied I
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
6:06 $0.99
clip
2. Sedert
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
2:41 $0.99
clip
3. Dit Rammel Sag
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
2:41 $0.99
clip
4. Vertrekkende
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
3:49 $0.99
clip
5. Sonnet Van Die Warmgloede
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
2:38 $0.99
clip
6. Manifes Van 'n Ouma
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
5:52 $0.99
clip
7. Wiegeliedjie
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
4:37 $0.99
clip
8. Ek Wou 'n Ark Skep
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
3:16 $0.99
clip
9. Hoe Kry Ek Jou?
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
4:03 $0.99
clip
10. Huwelikslied 2
Marthie Nel Hauptfleisch & Ruan Strauss Kalis
6:30 $0.99
Downloads are available as MP3-320 files.

ABOUT THIS ALBUM


Album Notes
In “Verweerskrif” het Antjie Krog opspraak gemaak met die wyse en gekose medium waarin sy haar frustrasie – en uiteindelik versoening – uitdruk met die verouderingsproses. Die tekste van die liedsiklus was so gekies dat dit die spanningslyn van die bundel onderskraag. Die inhoud is gevarieer en wissel van melankolie, teerheid en hoop tot geweldadige vuurbeelde, wanhoop en selfs humor. Die siklus is uniek omdat dit die klassieke kunslied as fondasie gebruik, maar die inhoud van die musiek wissel van kabaret tot gesproke resitatief tot virtuose klavierspel. Net soos die bundel, daag dit die gehoor uit in ‘n nuwe vorm.
1. Huwelikslied I
2. Sedert...
3. Dit rammel sag
4. Vertrekkende
5.Sonnet van die warmgloede
6. Manifes van 'n ouma
7. Wiegeliedjie
8. Ek wou 'n ark skep
9. Hoe kry ek jou?
10. Huwelikslied 2

Dankie aan Jacques Ensink vir fotos.

Notas oor die musiek
Algehele vorm:
Die siklus is afkomstig vanaf geselekteerde tekste van Afdeling Een van Verweerskrif deur Antjie Krog. Ek het hierdie werk op aanvraag gekomponeer en alhoewel dit nie my standard komposisiestyl en -profiel weerspieël nie, het ek tog die ervaring en uitdaging terdeë geniet.
Die werk was tot ‘n sekere sin problematies, omdat die teks homself nie maklik aan toonsetting verleen nie. Dus het die teks die algehele styl van die siklus bepaal, m.a.w. ‘n soort fusie tussen kabaret en die klassieke liedsiklus. Ek het dit gedoen deur harmonië en melodië sovêr moontlik ongeklompiseerd te hou tensy die teks anders verlang het. Die werk behou ‘n klassieke ‘makrovorm’ deur homself te vestig as ‘n liedsiklus deur middel van deurgans herhalende motiewe.
Die gekose teks van die siklus is opsigself effe aan die swaar kant, maar, soos dit ook in Verweerskrif aangetref word in die vorm van die soeke na versoening, open en eindig die siklus op ‘n positiewe trant, met ‘spikkels hoop’ tussen deur (soos bv. Wiegeliedjie) en selfs humor (soos bv. Manifes van ‘n ouma). Die verskeidenheid emosies wat die teks aanbied is ook oorgedra in die samestelling van die siklus as geheel. Ek het gevind, met die tyd wat ek met die teks spandeer het, asof daar ‘n ‘sinkende’ gevoel omtrent die ontwikkeling van die tekste is, asof alles meer wanhopig word. In die harmoniese makrostruktuur word dit verteenwoordig deur die dalende harmoniese progressie tussen die liedere: B mol – a – g – e mol – d – D – D mol – c – b – B mol.
Alhoewel die algehele samestelling van Deel 1 van Verweerskrif met moeilike konsepte worstel, het Krog die drie Huweliksliedere as positiewe pilare aangebied: opening, sentrum, afsluiting; ek het gepoog om hierdie struktuur te weerspieël in die musiek.
Verder het ‘n paar klassieke komponiste ook hulle buiging gemaak, so amper asof hulle hul opninie oor ‘n situasie gelig het. Antjie Krog se woorde is volkome behoue sodat dit as ‘t ware musikale gedigte word, instede van liedere. Geen woorde is dus herhaal, weggelaat of bygevoeg nie.
Individuele Liedere:
1. Huwelikslied 1:
Hierdie gedig het my verreweg herinner aan ‘n kerklike gesang en daar is dus suggesties van ‘orrelis clichees’. Woorde soos ‘loflik’, ‘lofprys’ en’gesalfdes’, asook minder opvallende voorbeelde, was hier die
5
bepalende faktor tot die benadering van die styl. Oor die algemeen is dit ‘n rustig vloeiende toonsetting van die gedig wat amper ‘n soort verhalende trant aanneem, asof dit ‘n voorspelling maak van die pad vorentoe. Die toonsetting het dus die vorm van ‘n soort “ballade” aangeneem: a1 (hooftema) – b1 (‘n tipe ‘refrein’) – a2 – c (c kuis mineur in dubbel tyd) – a3 – b2 – koda.
1. ←Sedert:
Interessant is dat beide Huwelikslied 1 en Sedert altwee met die woord ‘sedert’ open. Die pad word al meer ontstuimig soos die musiek opbou. Die frase ‘sedert ons die pad begin loop het’ word ses keer in die teks aangetref, maar nie noodwendig met die opening van ‘n nuwe strofe nie. Ek het dit aangewend dat dit elke keer ‘n nuwe strofe open. Daar is ook twee verskillende weergawes van die ‘sedert’ tema wat mekaar afwissel. Die musiek bou op in a mineur en het dan ‘n ontstuimige episode in f kruis mineur. Die ontstuimigheid neem egter af en smelt in ragfyn figurasie om die vallende sneeu en stilte voor te stel, maar keer terug na a mineur wat selfs ontstuimiger as te vore is en stu voort totdat dit ‘die niet in neuk’.
2. Dit rammel sag:
In hierdie geval, en so ook met vier ander liedere, is die teks in sonnet vorm (in die oorspronklike teks is daar elf sonnette in die eerste deel van Verweerskrif, waarvan hierdie die eerste van ‘Agt menopousale sonnette’ is) . Die musiek open met ‘n ‘rammelende’ tokkate. Die tweede ‘strofe’ spreek van ‘n tiptol (‘n soort voel) wat aan ‘n boom se mik hamer. Dit word uitgebeeld in die musiek met trillers en ‘akkoordflitse’ teenoor die tokkate kontratema van die opening in die linkerhand. By ‘O, roerloos wag die boom’ ‘smelt’ die musiek in arpeggios van blokharmonië weg en ‘verdamp’ soos die geesdriftigheid van die spreker wat hulpeloos wag vir iets wat nooit kom nie.
3. Vertrekkende:
Die gedig is verteenwoordigend van ‘n moeder se gevoelens van ‘n kind wat sy/haar eie pad inslaan. Dit handel oor ‘n gevoel van verlatenheid, ‘leegheid’. Om hierdie atmosfeer te skep, is die harmonie onvestigend, m.a.w. die akkoorde is selde in hul grondvorm en ontbreek dikwels die derde, afgesien van spesifieke, meer tradisionele harmonië waar die teks dit geverg het. Die lied het geen vorm nie, anders as die spanninglyn wat opbou tussen ‘harmonie vs nie-harmonie’, vormloosheid vs georganiseerdheid, chaos vs orde. Die musiek bereik ‘n klimaks en die nie-harmonie blyk die ‘oorwinnaar’ te wees, aangekondig deur obskure, kerkklokagtige akkoorde in die bas, die ‘skynharmonie’ wat eintlik ‘n
6
verdraaide leuen is, om amper te sê: “fate, it seems, is not without a sense of irony”.
4. Sonnet van die warmgloede:
Die opvallendste aspek van die gedig is die gebruik van vuurbeelde. Dit het my dadelik herhinner aan Scriabin se musiek uit sy later jare. Dikwels maak hy gebruik van materiaal wat ‘verblindende lig wat die aarde skroei’ suggereer. Weereens is die harmonie versteur en gebruik dit die vorm van die chaconne, ‘n harmoniese progressie wat die basis vir ‘n reeks opbouende variasies skep. Die finale produk herinner sterk aan een van Scriabin se laaste werke, ‘Vers la flamme’ (Towards the flame). Die onortodokse, kontroversiële gebruik van’n taboe woord om die gedig te eindig het my herinner aan die skandaal van die première van ‘The Rite of Spring’ en tong-in-die-kies eindig ‘Sonnet van die warmgloede’ presies soos ‘The Sacrificial Dance’. Verder is daar ook ‘n herhalende dalende lyn in die bas wat die dalende harmoniese lyn van die makrostruktuur eggo.
5. Manifes van ‘n ouma:
Hierdie gedig is getoonset in die vorm van ‘n barok resitatief en aria: resitatief – aria (buffa/comica/komiese aria) – resitatief – aria da capo – resitatief . Hier word die humoristiese aspek van Krog se werk uitgelig en word daar ook liggies gekgeskeur met ‘tipiese kabaret-resitatief cliches’.
6. Wiegeliedjie:
Hierdie gedig is die tweede uit ‘Liedere vir die pasaangekomenes’. Ek het hierdie een spesifiek gekies omdat dit weereens in sonnetvorm gegiet is, wat blyk ‘n gunsteling van Krog te wees, en sodoende weereens tot die samehangendheid van die werk bydrae. Die toonsetting is in die vorm van ‘n wiegeliedjie wat sterk herinner aan dié van Chopin se ‘Berceuse’. Anders as laasgenoemde, het hierdie Wiegeliedjie ‘n wederkerende refrein wat deur die klavier aangebied word. In die kortstondige middelseksie in die dominant toonaard, maak Liszt sy buiging.
7. Ek wou ‘n ark skep:
Hierdie gedig, ook in sonnetvorm, handel oor die bitter verwrongenheid van verlore liefde, die verwerping en die eensaamheid, die mooi wat kon geweesheid. Dit is die tweede uit “by jou vertrek”. Die musiek is in gepsate c mineur en is effe onstuimig. Dit word dan meer ontstuimig soos die musiek ‘n vinniger pas aanneem. Die slot is ‘n speling op dié van Schubert se ‘Erlkonig’. Soos met laasgenoemde, word die musiek alhoemeer ontstuimiger en neem later ‘n ‘dringendheid’ aan. Teen die einde lê die ironie: dat al die moeite te vergeefs was.
7
8. Hoe kry ek jou:
Hierdie gedig is die tweede uit ‘Depressie’ uit Krog se bundel. Daar is byna geen volsinne in die gedig nie, slegs fragmente, soos iemand wat nie weet hoe om hom/haarself uit te druk nie. ‘n Harmonies progressie van twaalf akkoorde vorm die basis van die eerste twee ‘strofes’. Die eerste hiervan maak gebruik van Messiaen-agtige figurasie om die ‘verlore’, emosioneel wisselvallige en gedisoriënteerde wêreld van die depressieleier te suggereer. Die tweede strofe volg dieselfde harmoniese patroon, maar dié keer met ‘n effens stewiger pas om die dringendheid van die situasie te onderskraag. Die ritme van die regterhand motiewe gebruik die Morse kode vir SOS (3 kort, 3 lank, 3 kort) om verder die nood van die situasie uit te beeld. Die musiek bedaar wel effens waar daar ‘n gryntjie hoop blyk te wees. Hierdie seksie maak gebruik van eenvoudige harmonië en begeleidings figure om ‘n intense intimiteit voor te stel. Die gedig keer egter terug na die ‘helse’ ervaring van depressie en word uitgebeeld in die musiek deur die terugkeer van die openings motiewe. Anders as die opening, beweeg die harmonie in tritonusse uit mekaar (‘diabolos in musica’ – die duiwel in musiek) afwaarts, tot dit in ‘n verdraaide weergawe van die tonika wegdryf.
9. Huwelikslied 2:
Daar is drie ‘Huweliksliedere’ in ‘Verweerskrif’: een wat die bundelopen, een rofweg halfpad deur die eerste deel en die laaste gedig van die eerste deel. Ek het Huwelikslied 2 gekies om die siklus mee af te sluit aangesien dit ‘n meer versoenende atmosfeer weergee. Alhoewel die musiek self ligter is van aard, het ek gevoel daar is ‘n dieper wysheid opgesluit in die laaste twee strofes en weerspieël ek dit in die musiek met ‘n ‘Brahms-agtige’ grootsheid en rustigheid. Die siklus sluit dus met ‘n ‘grootse berusting’ in sy oorsrponlike toonaard, na ‘n reis van onverwante harmonië en emosies.

Ruan Strauss Kalis
Ruan het formele studie van die klavier begin op 10 jarige ouderdom en orrel op 13 jaar. Hy het ook komposisie onder leiding van Dr. Paul Loeb van Zuilenburg studeer onderwyl hy nog op skool was. In 1996 matrikuleer hy aan die Hoër Jongenskool Paarl waarna hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, o.l.v. wyle Melanie Horne. Hy behaal die Voordrag Diploma in Musiek van die Universiteit van Kaapstad, waar hy o.l.v. Lamar Crowson en Graham Fitch klavier studeer het en orrel o.l.v. Barry Smith. Ruan het musiek onderrig gegee by Reddam House Atlantic Seaboard sowel as die Sentrum vir Uitvoerende Kunste te UWK. Dit was gevolg deur ‘n jaar lange reis na die Verenigde Koningkryk. Hy is tans ‘n verkoops- en bemarkingskonsultant by Ian Burgess-Simpson Klaviere en as residensiële pianis, tree hy gereeld op vir promosies en is daarby ook nog aktief as aflosorrelis. Die uitvoering van "Verweerskrif” is sy debuut as komponis en sal binne die volgende twee jaar gevolg word met ‘n opera, 3 orkestrale liedsiklusse op Afrikaanse poësie en verskeie solowerke vir klavier en orrel.

Marthie Hauptfleisch
Marthie het formele studie van sang gehad onder Magdalena Oosthuizen. SY het ook ondderrig ontvang onder Riana van Wyk in kontemporêre musiek. Sy sing en skryf reeds musiek van 13 jarige ouderdom. Sy het 10 jaar in Kanada gewoon, waar sy as solo kunstenaaropgetree het en ook sangonderrig gegee het. Sy het hier bekendheid verwerf met haar liedjieskryf vermoë. Sy het 'n voorliefde vir Afrikaanse poësie en lirieke wat 'n dieper betekenis het. Sy is huidiglik in Privaat Verpleegkundige praktyk waar sy spesialiseer in Voetsorg. Die uitvoering van “Verweerskrif” is een van vele produksies waarvan sy deel was die afgelope 3 jaar onder meer :"Twee Tasse en 'n Paspoort", "Burlesque","Let the children Play" en "Psalms van 'n Huisvrou".

Read more...

Reviews


to write a review